Nuwe Flam USB-Stokkie

Die Flam-stokkie is opgegradeer!  Daar is nou net een tipe stokkie beskikbaar @ R370 en dit is slegs beskikbaar aan gemeentes met ’n MRL-lisensie.  Jammer, maar dit kan ongelukkig nie deur individue gekoop word nie.

Die stokkie is vir gemeentes wat AL die Flam-bladmusiek en Powerpoints wil hê op een plek en op een slag.  Die stokkie bevat al die Flam-liedere wat op hierdie oomblik beskikbaar is op www.flam.co.za – jy moet dit egter self op datum hou.  Daar is geen MP3’s op die stokkie nie.  Jy kan steeds alle begeleidingsnitte aflaai vanaf www.fluister.co.za

Daar is niks op die stokkie wat gemeentes met ’n CCLI-lisensie nie gratis kan kry op www.flam.co.za nie.  Die doel van die stokkie is om gemeentes met ’n stadige internet-konneksie en musiekleiers wat al die musiek vinnig byderhand wil hê, te help.

Kontak asb vir Ilse-Ann Marsh by Ilse@bmedia.co.za om jou FLAM USB te bestel.

Author: Faani Engelbrecht

Share This Post On