Nuwe Brandhout Multitracks 2016

Flam bied nou ’n 1-dag kursus aan om jou te leer hoe om multitracks in jou musiekbediening te gebruik.   Die kursus sal gemeentes help wat nog nie eintlik ’n kontemporêre musiekbediening het nie sowel as gemeentes wat nie altyd genoeg begeleiers (pianiste, kitaarspelers, drummers, voorsangers) het nie.  Selfs gemeentes wat die musiekbediening in hul kleingroepe wil bevorder, sal baat vind by die kursus.

Die kursus beloop R750 –  en dit sluit 20 multitracks (wat R2000 sou kos) in!    Laat weet ons indien jy belangstel in so ’n kursus – ons kom bied die kursus aan, sodra daar 10 gemeentes in ’n area is wat belangstel.  Indien jy vir eers net ’n demonstrasie soek van wat jy met multitracks kan doen, kontak ons gerus en ons sal iemand na jou toe stuur.

Multitracks is soos backtracks – net beter!   Een multitrack van ’n lied is ’n folder met meer as een MP3 daarin.  Die grootte wissel tussen 20MB en 60MB.

Hoe koop jy dit aan?

Ons gaan eersdaags elke multitrack individueel aflaaibaar maak – indien jou internetspoed vinnig genoeg is en jy kans sien, sal jy dan elke lied teen R150 per lied kan aflaai.  Indien jy meer as 20 liedere op een slag koop, kan jy dit @R100/lied aflaai.

Intussen kan jy Ilse kontak by [email protected] – en die multitracks wat jy wil hê, by haar bestel.  Ons sal die liedere wat jy wil hê vir jou op ’n CD sit en aan jou pos.

Daar is reeds 40 multitracks beskikbaar:

Brandhout Multitracks 2015

  1. F010 – Jesus alles gee ek U
  2. F019 – Heer hoe lank
  3. F027 – Ek weet
  4. F091 – Sien hoe Jesus daar loop
  5. F095 – Ons Vader
  6. F113 – Here Jesus U skyn
  7. F116 – Welkom, welkom
  8. F177 – Here U het ek lief
  9. F207 – U het U heerlikheid
  10. F208 – U het nie gewag op my
  11. F210 – Erken nou die Heer
  12. F213 – Jesus is die Rots
  13. F214 – Jesus U regeer
  14. F219 – Heer U ken my soos geen ander
  15. F220 – Die Heer is my herder
  16. F221 – Ek wil meer en meer
  17. F222 – Die Here seën jou
  18. F232 – Jesus Alleen
  19. F248 – Laat jou lig skyn
  20. F378 – Skyn met U lig in my hart

Brandhout Multitracks 2016

  1. U’s My God (F465) – Suanra
  2. Ek Wil ’n Nuwe Lied Nou Sing (F415) – Suanra
  3. Soos In Die Hemel (F528) – Soléille
  4. Halleluja – Here, U is daar (F188) – Soléille
  5. Met My Hele Hart (F352) – Suanra
  6. Dankie, Jesus (F435) – Jandré en die Flammikids
  7. Jesus Rots (F327) – Soléille
  8. Ons Sal Nou Gaan (F227) – Jandré en die Flammikids
  9. Jesus, Helder Lig (F391) – Jandré
  10. Jesus Ons Loof U (F404) – Soléille
  11. Kop tot toon (F99) – Suanra en die Flammikids
  12. F440 Kom helder lig  (#imagine se weergawe)
  13. F469 Hoor jy die volke (#imagine se weergawe)
  14. F538 Ons God is groter  (#imagine se weergawe)
  15. F539 Vrede in my hart  (#imagine se weergawe)
  16. F422 U is heilig  (#imagine se weergawe)
  17. U goedheid, Heer (L200) – Jandré en die SA Jeugkoor
  18. O, Heer, My God (L464)  – Jandré en die SA Jeugkoor
  19. Heilig, Heilig, Heilig (L169) – Jandré en die SA Jeugkoor
  20. Here, Redder, Groot En Magtig (L280)  – Jandré en die SA Jeugkoor

Author: Adele Lombaard

Share This Post On