Nuwe Brandhout Multitracks 2016
Oct17

Nuwe Brandhout Multitracks 2016

Flam bied nou ’n 1-dag kursus aan om jou te leer hoe om multitracks in jou musiekbediening te gebruik.   Die kursus sal gemeentes help wat nog nie eintlik ’n kontemporêre musiekbediening het nie sowel as gemeentes wat nie altyd genoeg begeleiers (pianiste, kitaarspelers, drummers, voorsangers) het nie.  Selfs gemeentes wat die musiekbediening in hul kleingroepe wil bevorder, sal baat vind by die kursus. Die kursus beloop R750 –  en dit sluit 20 multitracks (wat R2000 sou kos) in!    Laat weet ons indien jy belangstel in so ’n kursus – ons kom bied die kursus aan, sodra daar 10 gemeentes in ’n area is wat belangstel.  Indien jy vir eers net ’n demonstrasie soek van wat jy met multitracks kan doen, kontak ons gerus en ons sal iemand na jou toe stuur. Multitracks is soos backtracks – net beter!   Een multitrack van ’n lied is ’n folder met meer as een MP3 daarin.  Die grootte wissel tussen 20MB en 60MB. Hoe koop jy dit aan? Ons gaan eersdaags elke multitrack individueel aflaaibaar maak – indien jou internetspoed vinnig genoeg is en jy kans sien, sal jy dan elke lied teen R150 per lied kan aflaai.  Indien jy meer as 20 liedere op een slag koop, kan jy dit @R100/lied aflaai. Intussen kan jy Ilse kontak by [email protected] – en die multitracks wat jy wil hê, by haar bestel.  Ons sal die liedere wat jy wil hê vir jou op ’n CD sit en aan jou pos. Daar is reeds 40 multitracks beskikbaar: Brandhout Multitracks 2015 F010 – Jesus alles gee ek U F019 – Heer hoe lank F027 – Ek weet F091 – Sien hoe Jesus daar loop F095 – Ons Vader F113 – Here Jesus U skyn F116 – Welkom, welkom F177 – Here U het ek lief F207 – U het U heerlikheid F208 – U het nie gewag op my F210 – Erken nou die Heer F213 – Jesus is die Rots F214 – Jesus U regeer F219 – Heer U ken my soos geen ander F220 – Die Heer is my herder F221 – Ek wil meer en meer F222 – Die Here seën jou F232 – Jesus Alleen F248 – Laat jou lig skyn F378 – Skyn met U lig in my hart Brandhout Multitracks 2016 U’s My God (F465) – Suanra Ek Wil ’n Nuwe Lied Nou Sing (F415) – Suanra Soos In Die Hemel (F528) – Soléille Halleluja – Here, U is daar (F188) – Soléille Met My Hele Hart (F352) – Suanra Dankie, Jesus (F435) – Jandré en die Flammikids Jesus Rots (F327) – Soléille Ons Sal Nou Gaan (F227) – Jandré en die Flammikids Jesus, Helder Lig...

Read More
Jou MRL lisensie
Oct07

Jou MRL lisensie

Wat is ‘n MRL lisensie?  Dit is die lisensie wat jou gemeente nodig het om bladmusiek af te laai EN te kopieer.  Dit word ook by CCLI bekom.  Hierdie is ’n addisionele lisensie, wat jou die reg gee om bladmusiek te kopieer.  ‘n CCLI gee ‘n gemeente die reg om die teks van ‘n lied te kopieer en te projekteer.  Die MRL gee ‘n gemeente die reg om die bladmusiek van ‘n lied vir die hele gemeente (of die begeleidingsgroep) te kopieer of te projekteer. Kontak vir Sunel vir enige navrae: [email protected] of 021 914 8909 Jy moet die MRL-nommer gebruik in die coupon-veld op www.flam.co.za, om die bladmusiek gratis af te laai. Hoe kry ek ‘n CCL lisensie?  Sonder ‘n CCL lisensie kan  FLAM-liedere se tekste nie gratis afgelaai word nie. ‘n Gemeente kry ‘n lisensie en nommer van CCLI.  Met hierdie nommer kan ‘n gemeente aanlyn registreer en inlog – om die bladmusiek gratis af te kan laai. Kontak vir Sunel vir enige navrae: [email protected] of 021 914 8909 Hoe kan ander persone en instansies FLAM-liedere se bladmusiek bekom sonder ‘n CCLI nommer?  Individue kan nie by CCLI aansluit nie, maar die goeie nuus is dat FLAM bladmusiek vir privaat gebruik verkoop op Bybelmedia se webtuiste (www.bybelmedia.co.za).  Indien jy as ‘n individu inlog sal jy outomaties na BM se webtuiste gestuur word, wanneer jy ‘n lied wil aflaai. Net terloops:  enige vertonings waar FLAM-liedere gebruik word (indien dit nie onder die dekmantel van jou kerk geskied nie), bv wanneer die skool ‘n Praise & Worship-aand hou, moet die organiseerders ‘n CCLI “eventslicense” bekom.  Kontak CCLI vir meer inligting hieroor by [email protected] of by 021 914 8908....

Read More
Yamaha APX akoestiese kitaar-reeks
Jun01

Yamaha APX akoestiese kitaar-reeks

Met al my travels en gigs in en om kerke die afgelope 20 jaar was ek gereeld daaraan herinner hoe gewild die Yamaha APX akoestiese kitaar-reeks is. ‘n Mens kan amper die stelling maak dat dit die standaard begeleidingsinstrument in kerke is (naas die orrel) en die maatstaf waarteen ander akoestiese kitare vir ‘n praise en worship band gemeet word. Met goeie waarde vir geld en goeie boukwaliteit het Yamaha nog altyd ‘n wenner met hierdie reeks gehad. So wat werk vir die APX reeks?  Wel, dit was gemaak vir die ampere uitsluitlike doel om op ‘n verhoog gebruik te word en ontwerpfokus is gewoonlik ‘n goeie begin vir sukses. Dit is ‘n relatief klein kitaar wat dimensies betref en dus lig en maklik om te hanteer. Dit het ‘n baie goeie weerstand teen feedback op die verhoog en die kenmerkende kristalhelder treble klanke help om deur ‘n band mix te sny – ideaal vir begeleiding. Die pick-ups in die APX-reeks was nog altyd baie goed vir die prys en die boukwaliteit het dit betroubaar gemaak vir die stampe en stote van die pad en die deursnit kerkverhoog. Dieselfde dinge wat in die APX-reeks se guns tel is volgens sommige ook hul grootste vyand. Die klein dimensies beteken dat die gewone akoestiese klank nie die beste in die wêreld is nie en dat die klank nie baie natuurlike bass het nie. Indien jy ‘n lui klankman het wat nie tyd met die EQ spandeer nie kan die trebles van ‘n APX die stopsels uit jou tande sny. Die musikante wat egter nie van die APX-reeks hou nie is definitief in die minderheid as ek sien hoe gewild hierdie kitare is. Gewapen met die kennis dat Yamaha onlangs “verbeteringe” tot die APX-reeks aangebring het, sit ek toe af na Musiekwêreld hier in die Kaap om te hoor of ek bietjie na die nuwe modelle kan kyk. Net so bietjie perspektief: Die APX-reeks bestaan uit die basiese APX500 model, gevolg deur die APX700, APX900 en APX1200 wat progressief beter kwaliteit en spesifikasies het – en dus ook ‘n hoër prys.  Die APX500 kom ook in ‘n nylonsnaar weergawe en die APX700 in ‘n 12-snaar weergawe vir die van julle wat sterk hande het. Ek het vir die doeleindes van hierdie review besluit om te fokus op die modelle wat ek die meeste op die verhoog sien; die APX500, APX700 en APX900.   Specs Voordat ons na die verskille tussen die 3 modelle kyk, kom ons gesels oor wat is dieselfde. Yamaha het met die nuwe modelle besluit om die dimensies van die bak en nek dieselfde te hou as die vorige...

Read More