Is jy opsoek na ‘n betroubare ‘drummer’?  Ek het dalk vir jou een…
Dec07

Is jy opsoek na ‘n betroubare ‘drummer’? Ek het dalk vir jou een…

If you have ever been involved in the ministry of praise and worship, on large or small scale, you’ve probably heard some worship leaders say that a good drummer is as scarce as hen’s teeth. In my experience this seems to be very true. I have tried everything, from offering free drum lessons to anyone who wants to learn (even though I knew this would mean that if the person learns fast, it will be at least a few months or even a year before they will be able to play in church), to putting up signs at all the local music schools saying that our church is looking for a drummer that loves the Lord and would like to join a worship team. With all this effort I still struggled to find a drummer that was willing and able to commit to the team. I have had a couple of great drummers over the years but still at times found myself wanting on a Sunday in the percussion department. One day I stumbled across a YouTube video of a guitar player that controls the drums with a foot pedal and this immediately caught my attention.  This nifty device is called the BeatBuddy. It was designed by David Packouz from Singular Sound and after watching a few video tutorials about it, I realized that this device could become my Worshipbuddy/Drummer. I managed to get my hands on a BeatBuddy and after playing around on it for a couple of days, I realized that this tool can definitely be of great benefit for many worship leaders who do not have a drum kit or drummers in their churches.  The BeatBuddy comes with 200 pre-made loops and a very big variety of drum beats and fills that can be used right out of the box. You can also buy a footswitch that makes the device more adaptable and realistic. We as worship leaders know the importance of dynamics. Worship in itself has many different styles and genres. I have found that the pre-made beats on the BeatBuddy does not always accommodate the variety we find in Praise and Worship. For your average modern worship song, you will probably require your drummer to play at least 4-6 different intensity levels as the dynamics of the song builds and fades away. It is because of this very reason that I started to dig into the midi editor tool of the BeatBuddy Manager software.  The biggest benefit of the BeatBuddy is that everything is adjustable and editable. I started playing around on the BeatBuddy Manager software and realized that I can write my own...

Read More
Nuwe Brandhout Multitracks 2016
Oct17

Nuwe Brandhout Multitracks 2016

Flam bied nou ’n 1-dag kursus aan om jou te leer hoe om multitracks in jou musiekbediening te gebruik.   Die kursus sal gemeentes help wat nog nie eintlik ’n kontemporêre musiekbediening het nie sowel as gemeentes wat nie altyd genoeg begeleiers (pianiste, kitaarspelers, drummers, voorsangers) het nie.  Selfs gemeentes wat die musiekbediening in hul kleingroepe wil bevorder, sal baat vind by die kursus. Die kursus beloop R750 –  en dit sluit 20 multitracks (wat R2000 sou kos) in!    Laat weet ons indien jy belangstel in so ’n kursus – ons kom bied die kursus aan, sodra daar 10 gemeentes in ’n area is wat belangstel.  Indien jy vir eers net ’n demonstrasie soek van wat jy met multitracks kan doen, kontak ons gerus en ons sal iemand na jou toe stuur. Multitracks is soos backtracks – net beter!   Een multitrack van ’n lied is ’n folder met meer as een MP3 daarin.  Die grootte wissel tussen 20MB en 60MB. Hoe koop jy dit aan? Ons gaan eersdaags elke multitrack individueel aflaaibaar maak – indien jou internetspoed vinnig genoeg is en jy kans sien, sal jy dan elke lied teen R150 per lied kan aflaai.  Indien jy meer as 20 liedere op een slag koop, kan jy dit @R100/lied aflaai. Intussen kan jy Ilse kontak by [email protected] – en die multitracks wat jy wil hê, by haar bestel.  Ons sal die liedere wat jy wil hê vir jou op ’n CD sit en aan jou pos. Daar is reeds 40 multitracks beskikbaar: Brandhout Multitracks 2015 F010 – Jesus alles gee ek U F019 – Heer hoe lank F027 – Ek weet F091 – Sien hoe Jesus daar loop F095 – Ons Vader F113 – Here Jesus U skyn F116 – Welkom, welkom F177 – Here U het ek lief F207 – U het U heerlikheid F208 – U het nie gewag op my F210 – Erken nou die Heer F213 – Jesus is die Rots F214 – Jesus U regeer F219 – Heer U ken my soos geen ander F220 – Die Heer is my herder F221 – Ek wil meer en meer F222 – Die Here seën jou F232 – Jesus Alleen F248 – Laat jou lig skyn F378 – Skyn met U lig in my hart Brandhout Multitracks 2016 U’s My God (F465) – Suanra Ek Wil ’n Nuwe Lied Nou Sing (F415) – Suanra Soos In Die Hemel (F528) – Soléille Halleluja – Here, U is daar (F188) – Soléille Met My Hele Hart (F352) – Suanra Dankie, Jesus (F435) – Jandré en die Flammikids Jesus Rots (F327) – Soléille Ons Sal Nou Gaan (F227) – Jandré en die Flammikids Jesus, Helder Lig...

Read More
Nuwe Flam USB-Stokkie
Oct06

Nuwe Flam USB-Stokkie

Die Flam-stokkie is opgegradeer!  Daar is nou net een tipe stokkie beskikbaar @ R370 en dit is slegs beskikbaar aan gemeentes met ’n MRL-lisensie.  Jammer, maar dit kan ongelukkig nie deur individue gekoop word nie. Die stokkie is vir gemeentes wat AL die Flam-bladmusiek en Powerpoints wil hê op een plek en op een slag.  Die stokkie bevat al die Flam-liedere wat op hierdie oomblik beskikbaar is op www.flam.co.za – jy moet dit egter self op datum hou.  Daar is geen MP3’s op die stokkie nie.  Jy kan steeds alle begeleidingsnitte aflaai vanaf www.fluister.co.za Daar is niks op die stokkie wat gemeentes met ’n CCLI-lisensie nie gratis kan kry op www.flam.co.za nie.  Die doel van die stokkie is om gemeentes met ’n stadige internet-konneksie en musiekleiers wat al die musiek vinnig byderhand wil hê, te help. Kontak asb vir Ilse-Ann Marsh by [email protected] om jou FLAM USB te...

Read More
Hulp met die nuwe Flam webtuiste
Oct06

Hulp met die nuwe Flam webtuiste

Dis heerlike lente, die winter is verby en ons nuwe webtuiste is nou al meer as ’n maand lank oop vir sake! Baie dankie vir soveel positiewe terugvoer – dit maak die afgelope twee jaar se swoeg die moeite werd. Ons wil net ’n paar dingetjies rondom die webtuiste uitlig na aanleiding van sommige gebruikers se vrae: #1:  Jy kan nou meer as een produk op ’n slag koop Of jy nou by Amazon, Kalahari, Takealot of Flam koop, jy hoef nie produkte een-een te koop nie.  Sien die webtuiste as ’n supermark.  Jy gaan haal mos nie ’n blik koffie van die rak af, loop na die kasregister, betaal, gaan laai die blik koffie in die motor en loop dan terug om melk en later weer brood te gaan koop nie!  Nee, jy gooi alles wat jy wil koop in jou mandjie en betaal dan een keer vir alles – en dán gaan laai jy alles in jou motor! Ons webtuiste werk met dieselfde beginsel:  Op die ou Flam website, moes jy vir elke produk ’n nuwe transaksie begin.  Nou nie meer nie!  As jy op die nuwe webtuiste die leadsheet, chordsheet én die Powerpoint van ’n lied wil aflaai, gooi jy alles saam in jou mandjie  (Add to cart). As jy wil kyk wat alles in jou mandjie is, klik jy op ‘View Cart’ aan die regterkant en wanneer jy klaar is, ‘Checkout’ jy eenvoudig! #2:  Jy hoef nie in te log nie Jy kan jou ‘Username’ en ‘Password’ van die vorige webtuiste, maar vergeet.  Ons het ’n heeltemal nuwe webtuiste gebou!    Het ek dit genoem dat jy nie hoef in te log nie?  Dalk moet ek ook net in hierdie stadium noem dat jy glad nie ’n username en password vir die nuwe webtuiste nodig het nie. Slegs met die heel eerste transaksie moet jy jou ‘billing informasie’ gee.  Dis slegs met die heel eerste transaksie.  Indien jy van rekenaar verwissel, sal jy dit natuurlik ongelukkig weer moet doen, maar dus slegs een keer op elke device. Sommige gebruikers het hulle Windows so gestel dat dit nie vorms wat jy online invul, onthou nie.  Indien jy so ’n setting het, sal jy ongelukkig elke keer die info moet intik.  Dis egter ’n setting op jóú rekenaar, nie op ons webtuiste nie. #3: Gemeentes met ’n CCLI-lisensie hoef steeds nie vir die bladmusiek te betaal nie Gemeentes met ’n MRL-nommer hoef steeds nie vir die bladmusiek te betaal nie!  Jy gebruik jou MRL-nommer as ’n koepon-kode – die oomblik wanneer jy die koepon-kode intik, sal die R10/bladmusiek afgetrek word. Weereens,  tensy jy jou rekenaar so gestel het,...

Read More
Hoe om bladmusiek af te laai
Aug11

Hoe om bladmusiek af te laai

Gemeentes met geldige MRL-lisensies kan in 10 maklike stappe musiek gratis aflaai van die nuwe Flam webblad. Volg gerus die onderstaande instruksies met foto-begeleiding. Stap 1:  Luister na die gidssnit indien jy seker wil maak jy is by die regte lied (en jou bladlees is so sleg soos myne).  Dis net ‘n klavier wat die melodielyn speel, maar jy behoort ‘n idee te kan kry. Stap 2:  Klik op die AlbumArt indien jy die mp3 op www.fluister.co.za wil aflaai. Stap 3:  Indien jy nie seker is wat ‘n chord-, lead- of hymn sheet is nie, klik hier vir ‘n voorbeeld.  Andersins ignoreer dit. Stap 4:  Kies die tipe bladmusiek wat jy wil aflaai.  Jy kan kies tussen die teks, die leadsheet, chordsheet of hymnsheet – en nou ook ‘n Powerpoint van die lied. Stap 5:  Add to cart.  Indien jy nog iets wil aflaai, volg weer Stap 1-5. Stap 6:  Indien jy alles in jou mandjie het, klik op ‘View Cart’ of ‘Check out’. Stap 7:  Vul jou MRL-nommer hier in en klik op ‘Apply Coupon’. Die bedrag vir die bladmusiek behoort nou afgetrek te word. Indien jou MRL-nommer foutief is of jou gemeente nie hul CCLI-lisensie betaal het nie, sal jy ‘n boodskap kry ‘Jou MRL nommertjie’ does not exist.’     Indien jy so boodskap kry, kontak asb vir CCLI ([email protected]) direk en maak seker dat jy die regte MRL-nommer by hulle kry. Onthou, ‘n gemeente betaal steeds vir die aflaai van ‘n mp3.   Stap 8:  Klik op ‘Proceed to Checkout’.   Stap 9:  Vul jou details in.  Jy behoort dit net een keer hoef te doen op ‘n rekenaar.  Volgende keer behoort die blad jou te onthou – ons maak maklik vriende! Klik nou op ‘Place Order’. Stap 10:  Jy sal ‘n epos kry met die download link of jy kan klik op die hyperlink wat jou produk beskryf  (in die voorbeeld ‘Hymn’ – die hymnsheet van F007).  Moenie klik op die lied se hyperlink nie – dit sal jou bloot terugneem na die lied self. Indien jy klik op die hyperlink (in die geval ‘Hymn’) sal jy dit enige plek op jou rekenaar of stokkie kan ‘Save’. Dis so maklik soos dit! Onthou asb: 1.  Ons kan bloot die liedere gratis aanbied, omdat jy ‘n MRL-lisensie het en omdat jy jou daartoe verbind het om aan CCLI te rapporteer dat jy die lied gesing het!  Rapporteer dus asb elke week watter Flam-liedere jy gebruik!  Vir meer info oor hoe om te rapporteer, kontak [email protected] 2.  Jy mag die koepon (MRL) gebruik en uitgee aan enige iemand wat betrokke is in jou gemeente se musiekbediening.  Jy mag dit...

Read More
Yamaha APX akoestiese kitaar-reeks
Jun01

Yamaha APX akoestiese kitaar-reeks

Met al my travels en gigs in en om kerke die afgelope 20 jaar was ek gereeld daaraan herinner hoe gewild die Yamaha APX akoestiese kitaar-reeks is. ‘n Mens kan amper die stelling maak dat dit die standaard begeleidingsinstrument in kerke is (naas die orrel) en die maatstaf waarteen ander akoestiese kitare vir ‘n praise en worship band gemeet word. Met goeie waarde vir geld en goeie boukwaliteit het Yamaha nog altyd ‘n wenner met hierdie reeks gehad. So wat werk vir die APX reeks?  Wel, dit was gemaak vir die ampere uitsluitlike doel om op ‘n verhoog gebruik te word en ontwerpfokus is gewoonlik ‘n goeie begin vir sukses. Dit is ‘n relatief klein kitaar wat dimensies betref en dus lig en maklik om te hanteer. Dit het ‘n baie goeie weerstand teen feedback op die verhoog en die kenmerkende kristalhelder treble klanke help om deur ‘n band mix te sny – ideaal vir begeleiding. Die pick-ups in die APX-reeks was nog altyd baie goed vir die prys en die boukwaliteit het dit betroubaar gemaak vir die stampe en stote van die pad en die deursnit kerkverhoog. Dieselfde dinge wat in die APX-reeks se guns tel is volgens sommige ook hul grootste vyand. Die klein dimensies beteken dat die gewone akoestiese klank nie die beste in die wêreld is nie en dat die klank nie baie natuurlike bass het nie. Indien jy ‘n lui klankman het wat nie tyd met die EQ spandeer nie kan die trebles van ‘n APX die stopsels uit jou tande sny. Die musikante wat egter nie van die APX-reeks hou nie is definitief in die minderheid as ek sien hoe gewild hierdie kitare is. Gewapen met die kennis dat Yamaha onlangs “verbeteringe” tot die APX-reeks aangebring het, sit ek toe af na Musiekwêreld hier in die Kaap om te hoor of ek bietjie na die nuwe modelle kan kyk. Net so bietjie perspektief: Die APX-reeks bestaan uit die basiese APX500 model, gevolg deur die APX700, APX900 en APX1200 wat progressief beter kwaliteit en spesifikasies het – en dus ook ‘n hoër prys.  Die APX500 kom ook in ‘n nylonsnaar weergawe en die APX700 in ‘n 12-snaar weergawe vir die van julle wat sterk hande het. Ek het vir die doeleindes van hierdie review besluit om te fokus op die modelle wat ek die meeste op die verhoog sien; die APX500, APX700 en APX900.   Specs Voordat ons na die verskille tussen die 3 modelle kyk, kom ons gesels oor wat is dieselfde. Yamaha het met die nuwe modelle besluit om die dimensies van die bak en nek dieselfde te hou as die vorige...

Read More