Flam: Taakspan

johans
Johan Steenkamp
Voorsitter van die Flam-taakspan

Johan is predikant by die NG Kerk Kenridge . Hy is ’n kitaarspeler (akoesties en elektries). Hy was lid van die band ‘OudioAltaar’ wat in 2008 hul eerste CD uitgereik het.

 

marcus

Marcus Marinus
Kruisfuur (Musiek vir die jeug – veral tieners)
Marcus is predikant in Krugersdorp-Oos. Hy is ’n baskitaarspeler en was lid van die band ‘AudioAltaar’.

 

JohanE
Johan Engelbrecht
Notering en Flammikidz 
Johan is predikant in Hartenbos.  Hy is ’n musiekleier wat  kitaar, klavier en viool speel.

 

Pierre 2
Pierrié Kies
Flam-gemeentesang
Pierrié is ‘n predikant en musiekleier in Mosselbaai gemeente en speel klavier en saksofoon.

 

jandre1
Jandré Viljoen
Opleiding en Tegnies
Jandre is ’n bedrewe kitaar- en baskitaarspeler.  Hy is predikant by NG Kerk Kuilsrvier De Eike en is ook betrokke by Hugenote Kollege waar hy die kursusleier is wat aanbiddingsleiers oplei.

 

irrie
Ireneé (Irrie) Heyns
Kersflam
Ireneé is studenteleraar by die NG Kerk Stellenbosch Kruiskerk. Hy is ’n musiekleier en speel akoestiese kitaar.

 

Ben
Ben Klut
Skriba, Kopiereg en FLAM Gemeentesang
Ben is studenteleraar van die Universiteit van Johannesburg, in die NG Kerk Melville-Kruisgemeente. Hy is ’n musiekleier en speel kitaar.

 

Faani2
Faani Engelbrecht
Bestuurder: Flam Musiek-Uitgewers
Faani is predikant (o.a. met opdrag gesins- en musiekbediening) by die NG Kerk Goodwoodpark, asook die bestuurder van Flam Musiek-Uitgewers en Bybel-Media Kerkmusiek.

 

christo
Christo Botha
FLAM Gemeentesang
Christo is ’n drummer en predikant by die NG Kerk Proteahoogte in Brackenfell.

ADVISEREND

Dr Gerda Engelbrecht 
Taalkundige versorging 
Gerda is Assistant-redakteur en senior taalversorger by Media24. Sy het ‘n Phd in Afrikaans verwerf aan die Universiteit van Stellenbosch.

Riaan Steyn 
Musikale adviseur, Klavierbegeleiding & MP3-opnames 
Riaan is predikant (met opdrag musiek) in Welgemoed. Hy besit Traxtudio-ateljees met takke in Kaapstad en Gauteng en is ‘n professionele vervaardiger, verwerker, sessiemusikant en “sound designer”.

Neil Büchner 
Webtuiste en Bemarking
Neil is Handelsmerkbestuurder by Bosman Family Vineyards in Wellington en musiekleier by NG Kerk Wellington Moedergemeente. Hy is ’n gospelkunstenaar met ’n ATKV-lier toekenning agter sy naam vir sy debuut CD, Element.