Glossary

Back Track 
‘n Back Track is ‘n opname wat jy kan gebruik vir groepsang.  Op ons website is backtracks gewoonlik klavierbegeleiding, sonder kitaar of baskitaar – sodat jy dit kan gebruik om mee te oefen.  Die hymnsheet en die akkoorde wat die track gebruik, stem ooreen.

Chord Sheet 
Die woorde van die lied met akkoorde aan die bokant van die woorde.

Guide track 
‘n Baie eenvoudige opname van ‘n lied – gewoonlik slegs ‘n solis met klavierbegeleiding – wat jou ‘n idee gee van hoe die lied klink.

Hymn Sheet
Die woorde van die lied met die toonsetting van die melodielyn en harmoniëe asook die akkoorde aan die bokant van die toonsetting.

Lead Sheet 
Die woorde van die lied met die toonsetting van die melodielyn asook die akkoorde aan die bokant van die toonsetting.  LW! Die ‘lead’ in ‘leadsheet’ verwys nie na ‘n ‘leadguitar’ nie.

MP3 Demo 
‘n 30 sekonde snit van ‘n lied in mp3 formaat.