Hoe om bladmusiek af te laai
Gemeentes met geldige MRL-lisensies kan in 10 maklike stappe musiek gratis aflaai van die nuwe Flam webblad. Volg gerus die onderstaande instruksies met foto-begeleiding.
Stap 1: Luister na die gidssnit indien jy seker wil maak jy is by die regte lied (en jou bladlees is so sleg soos myne). Dis net ‘n klavier wat die melodielyn speel, maar jy behoort ‘n idee te kan kry.
Stap 2: Klik op die AlbumArt indien jy die mp3 op www.fluister.co.za wil aflaai.
Stap 3: Indien jy nie seker is wat ‘n chord-, lead- of hymn sheet is nie, klik hier vir ‘n voorbeeld. Andersins ignoreer dit.
Stap 4: Kies die tipe bladmusiek wat jy wil aflaai. Jy kan kies tussen die teks, die leadsheet, chordsheet of hymnsheet – en nou ook ‘n Powerpoint van die lied.
Stap 5: Add to cart. Indien jy nog iets wil aflaai, volg weer Stap 1-5.
Stap 6: Indien jy alles in jou mandjie het, klik op ‘View Cart’ of ‘Check out’.
Stap 7: Vul jou MRL-nommer hier in en klik op ‘Apply Coupon’.
Die bedrag vir die bladmusiek behoort nou afgetrek te word.
Indien jou MRL-nommer foutief is of jou gemeente nie hul CCLI-lisensie betaal het nie, sal jy ‘n boodskap kry ‘Jou MRL nommertjie’ does not exist.’ Indien jy so boodskap kry, kontak asb vir CCLI ([email protected]) direk en maak seker dat jy die regte MRL-nommer by hulle kry.
Onthou, ‘n gemeente betaal steeds vir die aflaai van ‘n mp3.
Stap 8: Klik op ‘Proceed to Checkout’.
Stap 9: Vul jou details in. Jy behoort dit net een keer hoef te doen op ‘n rekenaar. Volgende keer behoort die blad jou te onthou – ons maak maklik vriende!
Klik nou op ‘Place Order’.
Stap 10: Jy sal ‘n epos kry met die download link of jy kan klik op die hyperlink wat jou produk beskryf (in die voorbeeld ‘Hymn’ – die hymnsheet van F007). Moenie klik op die lied se hyperlink nie – dit sal jou bloot terugneem na die lied self.
Indien jy klik op die hyperlink (in die geval ‘Hymn’) sal jy dit enige plek op jou rekenaar of stokkie kan ‘Save’.
Dis so maklik soos dit!
Onthou asb:
1. Ons kan bloot die liedere gratis aanbied, omdat jy ‘n MRL-lisensie het en omdat jy jou daartoe verbind het om aan CCLI te rapporteer dat jy die lied gesing het! Rapporteer dus asb elke week watter Flam-liedere jy gebruik! Vir meer info oor hoe om te rapporteer, kontak [email protected]
2. Jy mag die koepon (MRL) gebruik en uitgee aan enige iemand wat betrokke is in jou gemeente se musiekbediening. Jy mag dit egter nie gee aan iemand buite jou gemeente nie. Indien die skool bv musiek sou wou aflaai, moet hulle hulle eie MRL-nommer kry en dit gebruik.