Jou MRL lisensie

Wat is ‘n MRL lisensie? 
Dit is die lisensie wat jou gemeente nodig het om bladmusiek af te laai EN te kopieer.  Dit word ook by CCLI bekom.  Hierdie is ’n addisionele lisensie, wat jou die reg gee om bladmusiek te kopieer.  ‘n CCLI gee ‘n gemeente die reg om die teks van ‘n lied te kopieer en te projekteer.  Die MRL gee ‘n gemeente die reg om die bladmusiek van ‘n lied vir die hele gemeente (of die begeleidingsgroep) te kopieer of te projekteer. Kontak vir Sunel vir enige navrae: [email protected] of 021 914 8909

Jy moet die MRL-nommer gebruik in die coupon-veld op www.flam.co.za, om die bladmusiek gratis af te laai.

Hoe kry ek ‘n CCL lisensie? 
Sonder ‘n CCL lisensie kan  FLAM-liedere se tekste nie gratis afgelaai word nie. ‘n Gemeente kry ‘n lisensie en nommer van CCLI.  Met hierdie nommer kan ‘n gemeente aanlyn registreer en inlog – om die bladmusiek gratis af te kan laai. Kontak vir Sunel vir enige navrae: [email protected] of 021 914 8909

Hoe kan ander persone en instansies FLAM-liedere se bladmusiek bekom sonder ‘n CCLI nommer? 
Individue kan nie by CCLI aansluit nie, maar die goeie nuus is dat FLAM bladmusiek vir privaat gebruik verkoop op Bybelmedia se webtuiste (www.bybelmedia.co.za).  Indien jy as ‘n individu inlog sal jy outomaties na BM se webtuiste gestuur word, wanneer jy ‘n lied wil aflaai.

Net terloops:  enige vertonings waar FLAM-liedere gebruik word (indien dit nie onder die dekmantel van jou kerk geskied nie), bv wanneer die skool ‘n Praise & Worship-aand hou, moet die organiseerders ‘n CCLI “eventslicense” bekom.  Kontak CCLI vir meer inligting hieroor by [email protected] of by 021 914 8908.

 

Author: Adele Lombaard

Share This Post On