FAQ

Voorbeelde van bladmusiek

Hoekom werk my ou ‘username’ en ‘password’ nie op die nuwe webtuiste nie? 
Op die ou webtuiste het elke gemeente een ‘username’ en een ‘password’ gehad.  Nou kan elke gebruiker hul eie login-besonderhede gebruik en bloot die MRL-nommer gebruik as ‘n ‘coupon-code’.

Moet ek nou betaal vir elke lied wat ek aflaai? 
Nee, Flam is nog steeds ‘n gratis diens – vir gemeentes met ‘n MRL-lisensie.  Gebruik jou MRL-nommer as ‘n koeponkode.  Volg die stappe wat vir jou uiteengesit is noukeurig  (http://flam.kerkmusiek.co.za/2016/08/11/hoe-gemeentes-bladmusiek-kan-aflaai-met-behulp-van-n-mrl-lisensie/)

Wat is ‘n MRL lisensie? 
Dit is die lisensie wat jou gemeente nodig het om bladmusiek af te laai EN te kopieer.  Dit word ook by CCLI bekom.  Hierdie is ’n addisionele lisensie, wat jou die reg gee om bladmusiek te kopieer.  ‘n CCL gee ‘n gemeente die reg om die teks van ‘n lied te kopieer en te projekteer.  Die MRL gee ‘n gemeente die reg om die bladmusiek van ‘n lied vir die hele gemeente (of die begeleidingsgroep) te kopieer of te projekteer.

Jy moet die MRL-nommer gebruik om op www.flam.co.za te registreer.

Ons hou van ‘n lied, maar dit is nog nie ‘n FLAM lied nie. Hoe word ‘n lied ‘n FLAM lied? 
Jy het ‘n lied geskryf of jy hoor ‘n lied op ‘n CD – maar dis nie ‘n FLAM-lied nie.  Hoe word ‘n lied ‘n FLAM-lied: Indien die lied reeds opgeneem is, kan jy die lied (die mp3 + teks) epos na [email protected]

Indien jy die lied self geskryf het, volg die volgende prosedure:
a. Jy kan eers die lied aan FLAM voorlê.  Ons verkies om ‘n opname van die lied (selfs sommer een wat jy op jou selfoon gemaak het!) te hoor, maar wil ook die teks en akkoorde sien.  Indien jy dit vir ons kan epos na [email protected], is dit vir ons die beste.
b. Ons stel soms geringe tekswysigings voor en dit help dan dat jy dit nog nie gepubliseer het nie.

Indien jou lied deur FLAM goedgekeur is, volg dan die volgende stappe:

c. Voltooi ’n Deed of Assignment (DOA) van ’n uitgewer (FLAM is ook ’n geregistreerde uitgewer, maar jy kan van enige uitgewer gebruik maak).
d. Voltooi die FLAM-ooreenkoms (al gebruik jy ’n ander uitgewer) sodat ons dit op die webtuiste kan gebruik.
e. Die DOA tesame met die lirieke en bladmusiek moet aan die uitgewer in duplikaat voorsien word nadat beide in swart onderteken en alle bladsye geparafeer is.
f. Die liedere moet ook by SAMRO geregistreer word deur die skrywer van die lied.  SAMRO verwag ’n oudio weergawe van liedere. Daar moet seker gemaak word dat die skrywer wel by SAMRO geregistreer is alvorens daar liedere aan hulle gestuur word.  SAMRO se kontaknommer is: 011 489 5000.
g. Die uitgewer moet ook die liedere by SAMRO registreer om sodoende ook tantiemes in te vorder vir die gebruik van die liedere.

Ek het agtergekom dat daar ‘n fout is op die Chordsheet/ Leadsheet/Hymnsheet. Hoe kan ek dit regstel? 
Omdat FLAM probeer om so vinnig as moontlik die musiek by gemeentes uit te kry, kan dit soms gebeur dat daar ‘n fout insluip, selfs ten spyte van die feit dat alle bladmusiek deur verskeie kundiges geproeflees word.

Ons is glad nie fyngevoelig nie – laat weet ons asb. by [email protected] – en ons sal die fout so vinnig as moontlik regstel.

Hoe kry ek ‘n CCLI lisensie? 
Sonder ‘n CCLI lisensie kan  FLAM-liedere nie gratis afgelaai word nie. ‘n Gemeente kry ‘n lisensie en nommer van CCLI by [email protected] of kontak hulle by (021) 914 8908.  Met hierdie nommer kan ‘n gemeente die bladmusiek gratis aflaai.

Hoe kan ander persone en instansies FLAM-liedere se bladmusiek bekom sonder ‘n CCLI nommer? 
Slegs skole en kerke (en ander instansies) kan ‘n CCLI lisensie uitneem.  Individue kan nie by CCLI aansluit nie, maar die goeie nuus is dat individue nou die bladmusiek vir privaatgebruik kan koop.  Wanneer jy ‘n lied aankoop, mag jy wettiglik een kopie maak.

Net terloops:  enige vertonings waar FLAM-liedere gebruik word (indien dit nie onder die dekmantel van jou gemeente geskied nie), bv wanneer die skool ‘n Praise & Worship-aand hou, moet die organiseerders ‘n CCLI “eventslicense” bekom.  Kontak CCLI vir meer inligting hieroor by [email protected] of by (021) 914 8908.

Ons is op soek na kinderliedjies. Is daar kinderliedjies beskibaar? 
Ja, daar is baie  bladmusiek van kinderliedjies beskikbaar op www.flam.co.za .  Ons het het 4 kategorieë geskep om alle FLAM liedere ’n tuiste te gee:
•FLAM – vir gemeentesang
•KRUISVUUR – vir afrikaanse “rock” worship
•FLAMMIKIDZ – vir laerskool kinders & kleuters
•KERSFLAM – vir meditatiewe eredienste

Op die Tuisblad, kliek op Flammikidz.  Al die kinderliedere sal vir jou gelys word.

Mag ek die FLAM bladmusiek met ‘n dataprojektor vertoon? 
Ja! Jy kan en jy mag,  mits jy ’n CCLI-lisensie het.   Jy kan ook nou ‘n Powerpoint van elke lied aflaai.  Die teks is steeds beskikbaar sodat jy dit in enige ander program kan gebruik.

Waar kan ek die FLAM CDs kry? 
By Cum Boeke en op Bybel-Media se webtuiste (www.bybelmedia.co.za).  Jy kan die meeste van die liedere aflaai op www.fluister.co.za

Hoeveel FLAM CDs is al beskikbaar? 
Daar is ‘n hele paar FLAM CD’s wat in die musiekhandel beskikbaar is. Hierdie CD’s  is “FLAM: Volume 1”, “Roeping: Lof”, Fluister, Fluistering en Folgende.

Verskeie kunstenaars se albums bevat FLAM-liedere, oa:  Retief Burger se “Luidkeels”-reeks, Stass se “Onbeskaamd I en II”, OudioAltaar se “Skadu oor My”, Carli Lessing se “Veel meer”, Luidkidz I en II, Louis Brittz se “Nuwe Lof”, sy Psalm-reeks en nog vele meer.

Ons het so ver moontlik probeer aandui op watter CD’s ‘n lied beskikbaar is, indien dit al reeds opgeneem is.  Jy kan die meeste van die liedere aflaai in mp3 op www.fluister.co.za

Is daar ‘n hardekopie bundel van die FLAM-liedere beskikbaar? 
As gevolg van kopiereg probleme en kostes sal ‘n volledige FLAM-bundel ongelooflik duur wees.  In 2011 het ons egter saam met die CD , F-luister, ‘n hardekopie bundel uitgegee, met die titel  ‘Volume 03″.  Die bundel kos R185, 95 en is beskikbaar by Bybel Media Handel (0860 26 33 42 ).  Indien jy die boek en die CD saam koop, betaal jy slegs R200.  

Gemeentes kan ‘n USB-stokkie koop met al die Flam-liedere daarop – wat hulle dan net self op datum moet hou.  Dis slegs beskikbaar vir gemeentes met ‘n CCLI-lisensie.

Ek het nie ‘n CCLI nommer nie. Kan ek steeds liedere aflaai? 
Ja, jy betaal vir elke lied wat jy wil aflaai.  Jy kan jou bankkaart gebruik, ‘n EFT of op jou gemeenterekening koop.

My internet-spoed is te stadig om die liedere af te laai.  Kan ek die Flam-bundel in boekvorm koop? 
Nee, ongelukkig nie.  Gemeentes met ‘n CCLI-lisensie kan wel ‘n USB-stokkie koop met die liedere wat tot dusver beskikbaar is.  Jy is egter dan self verantwoordelik om die stokkie op datum te hou.  Die stokkie kan ongelukkig nie deur individue gekoop word nie en gemeentes mag dit slegs gebruik solank as wat hulle ‘n CCLI-lisensie het.